Die glasperd / Paul-Jacques Bonzon

R120.00

Die groot, bedrywige stad Venesië met sy smal gangetjies en breë kanale, sy St. Markus-plein en sy indrukwekkende herehuise vorm die agtergrond van hierdie spannende avontuurverhaal vir seuns en meisies van sowat dertien tot vyftien jaar.

Lucia was nog in die skool toe sy ‘n pragtige glasperdjie van haar vriend Mario as gelukbringer gekry het – sy eerst handewerk as leerling-glasblaser. Nie lank daarna nie lê dit in skerwe op die marmertrappe van die herewoning waar sy gaan werk het. Was dit ‘n onheilspellende voorteken…?

Baie later eendag het Mario vir Lucia gesê: “Ons het mekaar sonder om dit te bedoel, baie kwaad aangedoen… net omdat ons nie genoeg vertroue in mekaar gehad het nie.” Die intriges en rampe wat aan die gang gesit is deur dié gebrek aan vertroue vorm die inhoud van hierdie spannende verhaal.

Out of stock

SKU: JEUG.WAV.002/20/11/17 Category:

Description

Uitgegee deur John Malherbe Edms Bpk

Hersiene uitgawe 1967

Hardeband met stofomslag boek in mooi en netjiese toestand

Oorspronklike titel: Le Cheval de Verre 

Uit Frans vertaal duer Jo Joubert