Die groot sagmoedige reus / Roald Dahl

R120.00

Stel jou voor dat jy binnekort vir ontbyt geëet kan word, soos ‘n reep spek in ‘n vuurwarm braaipan met sissende vet gegooi kan word.

Dit is presies wat Sopie vrees toe sy in die middel van die nag uit haar bed gegryp en weggedra word deur ‘n reus met tennisbaantree en enorme groot ore. Maar Sopie is gelukkig. Die GSR is baie sagmoediger as sy afgryslike bure, wat vir ‘n tydverdryf elke nag ‘n slapsoetige kind opgopsel. Sophie is vasbeslote om die gruwelike gedrag stop te sit. So kom dit dat sy en die GSR ‘n briljante plan bedink om die wêreld eens en vir altyd te verlos van troggelstampende, bloedskommelende reuse…

 

Toe Roald Dahl in 1990 op 74-jarige leeftyd oorlede is, was hy waarskynlik die gewildste kinderboekskrywer in die wêreld – by kinderlesers self. Want dié Brit met die Skanidawiese naam het geweet hoe om sy jong leser van lekkerkry te laat gril op fantasievlugte waar bose stieftantes, bloeddorstige bure en mensvretende reuse telkens hulle verdiende loon kry. Of hulle verdoonde loon soos die GSR op sy opgeklitse manier sou sê.

 

Out of stock

SKU: JEUG.ROO.002/3/18 Category:

Description

Uitgewer: Tafelberg

Datum: Eerste uitgawe 1993

Toestand: Sagteband in nuwe toestand, blaaie effe vergeel

Illustrasies: Quentin Blake

Oorspronklike titel: THE BFG  – 1982

Vertaling: Mavis de Villiers