Die heks wat gekrimp het / Erika Steenberg

R85.00

Hoe gemaak as Io, die lelikste, liefste storieboekheks, saans sulke wilde draaie op haar besem gooi dat die sterrestof staan… maar die kinders sien haar nie meer raak nie?

Hoe gemaak met die vreemde, vierkantige “monster” wat nou elke aand haar kinders se oë vasgevang hou – en storietyd in hartseertyd verander?

Selfs Knoffel Kat sien hoe sy heks begin krimp: haar besem raak te groot en haar sokkies flap in die wind. Haar toorresepte wil nie werk nie – en die slim Hekseraad sê, sy moet self iets doen!

Erikas Steenberg se minlike heksie kry gestalte in Cora Coetzee se kostelike illustrasies en beeld iets uit van die bedreiging wat die kykkassie vir die storieboekwêreld inhou.

1 in stock

SKU: KIN.SUN.001/10/17 Category: