Die laaste tog / Nanda Pauw

R130.00

Dit is die somer van 1843 in Suid-Kaapland. Terwyl die mans die lang tog Kaapstad toe aandurf om hulle oeste van die hand te sit, bly die vrouens en kinders op die Grensplaas agter.

Vir almal – vir die trekkers sowel as vir dié wat agterbly – word dit ‘n maand wat hul nooit sal vergeet nie, dae van gemis en droom oor die geliefdes … van gevaar en uiterste beproewing … en van die grootste heldemoed.

Die laaste tog beteken vir sommiges die einde, vir ander weer, ‘n nuwe begin.

Out of stock

SKU: FIKSIE.ANT.001/7/22 Category: Tags: , ,

Description

Uitgewer:  Daan Retief Uitgewers

Datum: 1982

Toestand: Hardeband met mooi stofomslag (klein skeur op onderkant van omslag) en boek in puik en skoon toestand, ook ‘n inskripsie voorin geskryf aan ‘n vorige eienaar

Omslagontwerp: Willem Truter