Die Moreleta-grot / Ann Hite Kemp

R80.00

Tussen Willie en Tommie is daar alewig ‘n wedywering oor die leierskap van die XX-bende en veral oor wie die beste BMX-fietsryer is. By Back of the moon, waar hulle op ‘n regte wedrenbaan jaag, kry Willie dit net nie reg om vir Tommie te wen nie. En hy wil so graag! Dawie en Giepie, die ander lede van die bende, geniet nogal die wedywering tussen die ander twee. Maar mens moet erken, soms het Tommie darem regtig ‘n grootkop.

Intussen het die bende ook ‘n grot ontdek by die Moreletaspruit. Met ‘n ruimtetuig in! Hulle sweer plegtig om dit ‘n geheim te hou. Maar wat is die snaakse tuig regtig? Wat is die wit ding wat Willie aanval? Wat is in die houtkis wat Giepie ontdek?

Die Moreleta-grot is ‘n bittersoet verhaaltjie oor vier seuns wat die regte wêreld met ‘n fantasiewêreld verwar. Op ‘n simpatieke manier vertel Ann Hite Kemp dat nie eens kinders meer aan die werklikheid kan ontkom nie.

2 in stock

SKU: JEUG.DON.127/6/19; JEUG.(B).DON.008/29/9/22 Category:

Description

Perskor

Eerste uitgawe eerste druk 1985

Hardeband met mooi stofomslag effense skaafmerke op rante maar boek binne soos nuut