Die plesierboom / Audrey Blignault

R80.00

Elke dag se ervarings in die lewe van ‘n gewone huisvrou, dit is die boustof van hierdie essays. Maar soos die storiekoning van ouds die dinge wat hy aanraak in goud kon verander, so het Audrey Blignault die slag om uit die eenvoudige belewenisse van ‘n huisvrou glansende avonture en kosbare kleinode van die gees op te tower. Hierdie slag het sy te danke nie alleen aan haar fyn oor en oog (‘n oog met ‘n stout vonkeling daarin!) haar deernis vir die ewenaaste, haar vermoë om dieper as die oppervlakte en die onmiddellike te kyk, haar sin vir die komiese, haar breë leeservaring en haar vaardigheid met ‘n woord nie maar veral ook aan haar opregte lewensvreugde en die vaste geloof dat die lewe ‘n rosekrans van blye dae is.

2 in stock

SKU: FIKSIE.DON.010/1/2/23; FIKSIE.ALG.B.005/6/3/23 Category:

Description

Uitgewer: Nasionale Boekhandel

Datum: Eerste uitgawe 1967

Toestand: Hardeband met stofomslag boek nog soos nuut blaaie styf en netjies, kleeflintmerke op agterste skoon bladsy

Stofomslag: Katrine Harries