Die Poort: Vertellings oor Meiringspoort / Dries Brunt

R90.00

Dries Brunt het met Dagboek van ‘n eensame sy debuut as skrywer gemaak. Hy is bekroon met ‘n kortverhaal, Meeting in Eilandia, publiseer reisverhale op Litnet, skryf gereeld artikels vir die letterkundige tydskrif Kakkerlak en is ‘n boekresensent vir The Citizen. Met Die Poort – vertellings oor Meiringspoort, wil hy lesers bereik wat sy liefde vir die natuur met hom deel en die natuurwonder, wat Meiringspoort is, ook vanuit ‘n historiese en verhaalperspektief beskou.

Meiringspoort is ‘n indrukwekkende natuurwonder, een van die mees interessante plekke in ons land. Hierdie boek is in storiestyl geskryf met feitlike inligting verweef met sprokies, legendes en fiktiewe vertellings wat die romantiek wat rondom die poort ontstaan het, ondersoek. Sy geologiese oorsprong, eerste bewoners, opofferinge en tragedies, word in fiktiewe vertellings uitgebeeld, wat almal tesame, hopelik, die reisiger en die student, insigte sal gee wat sy of hy nie voorheen gehad het nie.

Out of stock

SKU: KON.DOR.008/7/19 Category: Tag:

Description

Droomvanger – Sewe kleure boeke BK

Eerste uitgawe eerste druk April 2007

Sagteband met harder voorblad as gewoonlik, boek is nog nooit gelees nie want blaaie is nog styf