Sandsteenpraatjies : Essays / Susan Maré

R90.00

Susan Maré het op die Riemlandse dorp Petrus Steyn in die Oos-Vrystaat grootgeword. Na matriek het sy ‘n B-Mus-graad aan die Universiteit van die Vrystaat behaal en was jare lank musiekonderwyser, begeleier, koordirigent, konsertorganiseerder en orrelis.

Sy het later musiekonderwys vir die joernalistiek verruil en werk sedert 1997 as redakteur van die Oos-Vrystaatse streekkoerant Vrystaat op Bethlehem. Sandsteenpraatjies is ‘n weeklikse rubriek wat sy op die hoofartikelblad van die koerant geskep het en ‘n naam wat karakteristiek aan die Oos-Vrystaat is. Susan het haar debuut as rubriekskrywer in Stop van Myne van Volksblad in 1996 gemaak en daarna gereeld bydraes gelewer vir dié rubriek en later ook vir Goeiemore. Sommige van haar rubrieke en essays het sterk Petrus Steynse ondertone of weerspieël haar veelsydige liefde vir musiek, die lewe en mense. Van haar vryskutartikels het in Sarie en Lééf verskyn. Sy is die afgelope jare orrelis van die Anglikaanse kerk St. Augustine op Bethlehem.

1 in stock

SKU: KON.GRO.004/3/18 Categories: ,

Description

Uitgewer: Skrywer self

Datum: Eerste uitgawe 2012

Toestand: Splinternuut

Voorblad: Simon Addy