Description
Uitgegee deur Suiderkruis Boeke
Uitgegee 2012
Omslagillustrasie deur Mari van Kraayenburg
Sagteband in splinternuwe toestand
Voorwoord deur Dana Snyman
R180.00
Deel in die rykdom van ons land se “annerster” streek. Namakwaland is soos ‘n geslypte diamant. Dit het baie fasette wat ‘n mense eers regtig raaksien as jy dit van nader bekyk. En wie beter om dit teen die lig te hou as iemand wat self 80 jaar lank deur hierdie besondere streek geslyp is?
In Eenkantland, ‘n keur uit die werk van Theunis Uys, maak die leser kennis met al die fasette van Namakwaland se rykdom: die veld, die diere, die streeksgeskiedenis, diamantsmokkelary, boerdery, gunstelinggeregte, rygoed, gebruiksartikel, snaakse gebeure en streekseie verskynsels, maar bowenal met sy mense – Sandvelders, Binnevelders en Boesmanlanders…
“Theunis Uys laat ‘n mens dinge sien wat jy nog nie gesien het nie of nog altyd misgekyk het.” – Dana Snyman –
Out of stock
Uitgegee deur Suiderkruis Boeke
Uitgegee 2012
Omslagillustrasie deur Mari van Kraayenburg
Sagteband in splinternuwe toestand
Voorwoord deur Dana Snyman