Description
Uitgewer: Human & Rousseau
Datum: Eerste uitgawe 2002
Toestand: Sagtebandboek met mooi swart en wit illustrasies, boek se puntjies van voorblad effens gebuig verder in puik toestand binne
Illustrasies: Deur Tanja Joubert
R150.00
In die gat onder die vloer van meneer Grootbroek se eetkamer hoor Pieta van Sterten die eerste keer van Jan van Riebeeck se beplande vertrek na ‘n nuwe land. Daar en dan besluit hy: hulle gaan saam. Texel is nie die plek vir koulike muise nie. So klim Pieta en sy vrou, Leentjie, en hul neef Koot Kaas en sy verwagtende vrou, Ellie die oggend van 25 Desember 1651 op die Drommedaris – met sterre in hul oë en hoop op ‘n gesonder lewe in die land van sonskyn. Maar, o wee, gou het die gevare op die skip die sterre uitgedoof. ‘n Wreedaardige gemmerkat en ‘n wraaksugtige papegaai patrolleer die kombuis, ‘n seerowerrot maak sy verskyning en terroriseer die klein Kaasies. Maar muis se kinders laat hulle nie onderkry nie en beleef uiteindelik die wonderlikste avonture waarvan enige muiskind net kan droom
Out of stock
Uitgewer: Human & Rousseau
Datum: Eerste uitgawe 2002
Toestand: Sagtebandboek met mooi swart en wit illustrasies, boek se puntjies van voorblad effens gebuig verder in puik toestand binne
Illustrasies: Deur Tanja Joubert