Description
Perskor
Eerste uitgawe, eerste druk 1987
Hardebandboek met netjiese stofomslag, xbiblioteekboek met stempel merk en plakkers voorin boek, res van inhoud skoon en netjies
Stofomslag ontwerp deur Rose Crass-Strebel
R85.00
Ernst se gedagtes is besig met Miems, die mooiste meisie in standerd ses, toe hy niksvermoedend by die Midas Bank verbystap. Minute later bevind hy homself egter in die hande van ‘n klomp bankrowers. Geslepe, wrede boewe wat hulle deur niks sal laat stuit nie.
Alleen toegesluit in ‘n klein sinkkamertjie het Ernst volop tyd om na te dink: Is hierdie die end van sy paadjie, of sal hy weer die geleentheid kry om sy boksloopbaan voort te sit. Sal Miems besef iets ernstig het met hom gebeur of sal sy sosmmer net glo dat hy nie hul afspraak wou nakom nie? En bowenal… is hy werklik volwasse en selfstandige tiener wat hy geglo het hy is? Die swart motor is ‘n spannende jeugverhaal deur die alombekende skryfster C.S. Badenhorst.
1 in stock
Perskor
Eerste uitgawe, eerste druk 1987
Hardebandboek met netjiese stofomslag, xbiblioteekboek met stempel merk en plakkers voorin boek, res van inhoud skoon en netjies
Stofomslag ontwerp deur Rose Crass-Strebel