Description
Uitgewer: Perskor-Uitgewery
Datum: Eerste sagteband uitgawe, eerste druk 1985
Toestand: Sagteband met ‘n boodskap aan ‘n vorige eienaar voorin boek
R70.00
Nerina het alles: ryk ouers, status, geld, ‘n mooi talent, goeie maats… en elke keer wanneer sy iets begeer, kan sy maar net haar vingers klap en sy sal dit kry. Alles wat sy wil hê – behalwe geluk in haarself.
Haar goeie vriendin Katryn sien dit raak en besluit om haar te help. Maar dit gaan moeilik, want Nerina is koppig en sy wil nie altyd na goeie raad luister nie. Katryn, wat gereeld haar eie poppespelvertonings hou – en brandend ‘n nuwe poppekas begeer, maar dit weens ‘n gebrek aan geld nie kan kry nie – skryf ‘n nuwe poppelspel. Hierdie poppespel, weet sy, moet die sleutel wees tot Nerina se toekomstige geluk – maar gaan dit werk?
Wat geld nie kan koop nie is ‘n boeiende en uiters leesbare jeugverhaal.
Out of stock
Uitgewer: Perskor-Uitgewery
Datum: Eerste sagteband uitgawe, eerste druk 1985
Toestand: Sagteband met ‘n boodskap aan ‘n vorige eienaar voorin boek