Description
Daan Retief Uitgewers
Verwerk deur Gerhard Venter
1982
Hardebandboek met mooi gekleurde skets op voorblad, boek in puik toestand
R70.00
Alexander Dumas is op 24 Julie 1802 in ‘n klein Franse dorpie gebore. Eers op 23 jarige leeftyd is hy na Parys waar hy as kantoorseun begin werk het. Sy belangstelling in letterkunde het reeds vroeg ontstaan en in 1825 verskyn sy eerste werk – ‘n gedig opgedra aan ‘n bekende Franse generaal. In die jare daarna verskyn daar dosyne gedigte, toneelstukke en verhale. Hy het oor ‘n buitengewone werksvermoë beskik en kon al gou met skrywer alleen sy brood verdien. In 1844 verskyn sy besonder gewilde verhaal Die drie musketiers gevolg deur ander historiese verhale soos Twintig jaar later, Die graaf van Monte Carlo en baie ander. Die swart Tulp is in 1850 gepubliseer waarvoor hy die boustof self in Holland versamel het.
Interessant dat die swart tulp wat deur Dumas uitgedink is, vandag in die katalogusse van Hollandse kwekers genoem word!
Out of stock
Daan Retief Uitgewers
Verwerk deur Gerhard Venter
1982
Hardebandboek met mooi gekleurde skets op voorblad, boek in puik toestand