Die toring van Babel / Pieter Breughel

R90.00

Die skildery wat in hierdie boek beskryf word, dateer uit 1563. Dit hang in die Kunsthistorisches Museum in Wenen. Dit is met olieverf op hout geskilder en is 1,14 m by 1,55 m groot.

Pieter Breughel (1520-1569) was lief vir mense, veral vir gewone mense, sy Vlaamse medeburgers. Die onderwerpe van die Renaissance het hom nie juis aangetrek nie: die mitologie, antieke agtergronde en portrette word nie in sy kuns aangetref nie. Hy het die lewe beskryf: die seisoene, mense se vreugde en arbeid en spel. Daarin was hy een van die humaniste van sy tydvak.

Die geskiedenis van die Toring van Babel word in die Bybelboek Genesis vertel. Dit was ‘n fantastiese stuk bouwerk wat die mens se droom van mag versinnebeeld het.

Breughel se toring staan in ‘n landskap van sy eie tyd en land, op ‘n rotskoppie gebou, langs ‘n stad en ‘n seehawe. Hy het oor dieselfde onderwerp ‘n ander skildery gemaak wat nou in Rotterdam hang. Die tema van die Toring van Babel word telkens in tekeninge, skilderye en gravures van die 16de eeu aangetref.

Die skildery in hierdie boek stel ‘n miernes van koorsagtige bedrywighed voor. Van die honderde werkers is net drie in ‘n rustende houding.

Out of stock

SKU: JEUG.DEB.CAN.005/2/21 Category:

Description

Tafelberg-Uitgewers

Teks deur Yvette Contempré

Afrikaanse verwerking 1977

Hardeband met mooi voorbladfoto – ‘n skildery deur Pieter Breughel waarop die hele boek in storieformaat gebaseer is

Uit Frans verwerk deur E.P. du Plessis

Skaars boek