Die verbond by Bloedrivier / Schalk W. Jacobsz

R140.00

Die laaste paar jaar het die Boerevolk se Gelofte by Bloedrivier op 16 Desember weer onder skoot gekom. Oor baie dekades is die dag as ‘n Sabbatdag herdenk en is volkfeeste jaar na jaar op daardie dag gevier. Nou word dit van ons weggeneem.

Maar wat is die werklike betekenis van die Gelofte of Verbond van daardie dag? Waartoe het daardie klompie Voortrekkers hulleself in werklikheid verbind?

Schalk Jacobsz, bekende Afrikaanse akteur, gee ‘n volledige verslag in hierdie boek oor daardie dag en hy gee ‘n verklaring vir wat die dag in werklikheid beteken. Alles wat daar beskikbaar was oor die Gelofte en die gebeure rondom daardie dag het Jacobsz nagevors en tot ‘n gevolgtrekking gekom wat elke Boerehart eindelik gemoedsrus sal gee en beslis met groter volkstrots sal vervul. Lees hierdie boek  vir al die antwoorde wat u nie het nie. Dit was ‘n grootse dag waarop ‘n baie besondere volk vir God gebore is…

Out of stock

SKU: GESK.WAV.004/28/7/23 Category:

Description

Libanon Uitgewers

Eerste druk 1996

Sagteband boek is in mooi skoon toestand mooi en skoon