Die wedloop / Poul E. Knudsen

R65.00

Twee manne het Hugwa om die hand van sy dogter Groa gevra: Thorkin, die seun van die geëerde Hamund; en Odbjorn, hy wat met drie ou slawe en sy perd in ‘n hut tussen die heiderante woon en deur almal gespot word – deur almal behalwe Hjald en Groa. Toe stel Hugwa ‘n toets: Die een wat oor sestien maanmaande met die grootste lyfwag en die meeste roem terugkeer, hy sal Groa kry. Odbjorn kies koers na die suide. Dit lyk of hy gou-gou sy doel gaan bereik, maar hy word verraai en beland in Rome as ‘n slaaf. Weer groei sy roem, maar juis daarom word alles in die werk gestel om hom daar te hou – en die tyd gaan verby. Hoe geringer die hoop word om ooit uit Rome weg te kom en nog betyds in Denemarke terug te wees, hoe gewaagder word Odbjorn se ontsnappingsplan…

Die groot Deense uitgewery Gyldendal het hierdie boek voor 191 ander inskrywings bekroon in die kompetisie wat hulle in die jaar 1960 gehou het.

2 in stock

SKU: FIKSIE.CDON.014/8/19 ; FIKSIE.ALG.008(B)/9/14/22 Category:

Description

Tafelberg Uitgewers

Eerste druk 1962

Hardeband met gekleurde glansvoorblad, boek oorgetrek met glansplastiek en x bibboek met stempels en sakkie

Oorspronklike titel: Vaeddemaalet – 1960

Uit Deens vertaal deur Siv Borgin

Kadetreeks nr. 12