Description
Tafelberg Uitgewers
Sesde druk 1976
Hardeband met mooi omslag, kleeflintmerke op binneblaaie, ou skoolboeke met potloodaantekeninge in die boek
R75.00
In die agt jaar vandat Retta weg is, het die Steens vooruitgegaan, danksy die ruimhartigheid van oom Samuel en danksy die vlyt en sorgsaamheid van Selina. Toe kom Retta terug. Terwyl almal bedug is vir al die ou dinge wat opgerakel kan word, is sy selfversekerd, lughartig – en bekoorlik. Net Selina kom agter dat haar suster ‘n geheim het wat ‘n bedreiging inhou vir die aansien wat die Steens onder haar selfopofferende leiding in Lokenburg verwerf het. Selina, die bestendige en Retta die wilde loot…
4 in stock
Tafelberg Uitgewers
Sesde druk 1976
Hardeband met mooi omslag, kleeflintmerke op binneblaaie, ou skoolboeke met potloodaantekeninge in die boek