Die wonderbaarlike wedervaringe van Jurie Losper en Broer Herklaas / W.O. Kuhne

R90.00

Liegstories.

Die wonderbaarlike wedervaringe van Jurie Losper en sy broer Herklaas, tydens hulle wa-tog na die Kalahari en deur die Hardeveld terug na die Kamdeboo na die mooi reëns van aggen-tggen-tag, is egter boereplesier, met ‘n bietjie van die noodsaaklike oordrywing en ‘n goeie skoot van die tradisionele liegstorie daarby.

Toe van die sketse ‘n klompie jare gelede deur die skrywer oor die radio voorgelees is, het dit groot byval gevind. Nou bied die boek ‘n genotvolle aandjie vir elke leser wat van verfynde volkshumor hou.

“…nog nooit het ek so heerlik oor die geskrewe woord kon lag nie …” – MER, in ‘n brief aan ALba Bouwer.

Out of stock

SKU: FIKSIE.KAN.1510/2011 Category:

Description

Tafelberg Uitgewers

Eerste uitgawe eerste druk 1984

Hardeband met mooi gekleurde voorblad, behalwe blaaie  wat vergeel is, lyk boek nog mooi en skoon

W.O. Kuhne is ook skrywer van die bekende Huppelkind-reeks