Dirkie, Drieka Frederika /Greyling, Franci

R250.00

Dis die jaar 1901 in Transvaal. Die oorlog is al agtien maande aan die gang en die alledaagse plaaslewe voel taamlik vervelig vir ‘n lewenslustige meisiekind wat nie van huiswerk hou nie. Dirkie of Frederika, soos Ma haar noem – wens sy kon eerder saam met Pa en Ouboer en Braam op kommando gaan.

Maar dan kom waarsku Pa een nag dat hulle moet vlug voordat die Kakies hulle na een van die nuwe kampe vir vroue en kinders neem – en ‘n jaar van opwinding en ontbering begin vir Dirkie. Aanvanklik is alles een groot avontuur – om Oupa se ossewa te pak, onder die sterre te slaap, die vee in die veld te versteek. Maar geleidelik word die oorlog ‘n wrede werklikheid… Die afgebrande huise, die flenterklere wat hulle dra, die koue wat die slaap snags weghou, mense wat siek word, mense wat doodgaan… “Wanneer is ‘n mens vry?” wil Braam weerbarstig weet.  “Wanneer jy niks meer oorhet nie?” Dis die jaar waarin Dirkie oomblikke van groot geluk maar ook groot hartseer ervaar – en op meer as een manier grootword.

Dirkie, Drieka, Frederika is ‘n boeiende verhaal wat ‘n belangrike tydperk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis vir die moderne jong leser werklikheid sal maak.

1 in stock

Description

Tafelberg-Uitgewers

Derde druk 1993

Sagtebandboek in puik skoon en netjiese toestand, geteken deur skrywer

Bandontwerp deur Fanie Bekker

Hierdie boek is bekroon met die Brons Sanlam-prys vir jeuglektuur in 1988.