Allegra op Maasdorp / Stella Blakemore

R90.00

Allegra op Maasdorp is die 5de in die Maasdorp-reeks.

Allegra op Maasdorp is een van die gewildste boeke in die Maasdorp-reeks. Behalwe Kobie Malan, die spil waar alles gewoonlik om draai, maak ons ook kennis met Allegra Bredekamp, ‘n weeskind wat deur die toedoen van Kobie se vader na Maasdorp kom. Die dag voor die skool begin is sy by die Malans tuis en bring ook die nag daar deur. Daardie aand red sy Kobie uit ‘n baie groot verleentheid en Kobie belowe om, as dit ooit eendag nodig mag wees, ook vir haar te help. Op Maasdorp lyk dit asof Allegra regtig aanleg vir moeilikheid het. Miskien is dit omdat sy so impulsief is, ook gedeeltelik omdat haar gewese boesemvriendin, Marguarite Beyers ook ‘n koshuisdogter is – en die twee kom net nie meer goed klaar nie.

die ergste is egter wanneer sy saam met Breggie en Heloise betrokke raak by die steel van ‘n baba. Gelukkig vir Allegra is Kobie daar – Kobie wat altyd ‘n plan kan maak, Kobie wat tog maar op die ou end almal se liefling is.

 

Out of stock

SKU: JEUG.FOR.015/18/7/22 Categories: ,

Description

Uitgegee deur Human & Rousseau

Vyfde Uitgawe, tweede druk 2005

Sagteband boek boek nog mooi binne, puntjies van voorblad effens gebuig