Description
Uitgegee deur J.P. van der Walt
Eerste uitgawe 1965
Hardeband met stofomslag, toon verweer op hoeke van omslag, inhoud skoon en netjies
Reeks: Die Eike-romans
R100.00
Drie broers is ‘n verhaal van die Tweede Wêreldoorlog en die invloed wat hierdie verwoestende gebeurtenis op mense dwarsdeur die wêreld gehad het – selfs ook in Suid-Afrika. Dit is ook die verhaal van die Le Roux-gesin, in die besonder die broers Pieter, Danie en Willem.
Toe Danie met die Engelse meisie, Ruth, trou, en Willem besluit om te gaan veg, ondervind hulle heftige teenstand van hulle vader, oom Bertus, en hulle oudste broer, Pieter. Die haat veroorsaak deur die wreedhede van die Engelse tydens die Boereoorlog, lê diep gewortel in hierdie twee mans se harte.
Maar tussen die jare 1939 en 1945 word die hele wereld slagoffer van die verliese, dood en verminking wat deel is van die oorlog. Uiteindelik besef almal ook oom Bertus en Pieter: net die liefde kan soveel haat oorwin…
1 in stock
Uitgegee deur J.P. van der Walt
Eerste uitgawe 1965
Hardeband met stofomslag, toon verweer op hoeke van omslag, inhoud skoon en netjies
Reeks: Die Eike-romans