Ervarings op my voetslaanpad / Evert F. Potgieter

R190.00

In hierdie boek skryf die bekende veldkenner en grootwildjagter, Evert F. Potgieter op pakkende wyse oor die ‘grotes’ van die bos wat sy veldpaaie gekruis het. Dikwels het hy hierdie juwele van die natuur deur die visier van ‘n geweer in sy gesigsveld gebring. Ander kere weer  was hy net waarnemer. Dan het hy hulle dopgehou bloot vir die genot wat hulle nabyheid gebied het.

Potgieter is nog van die min hedendaagse veldmanne wat voetslaan agter wild aan. Nie vir hom die gerief van ‘n vierwielaangedrewe voertuig of die skerp oog van ‘n teleskopiese visier nie. Nee hy glo aan voetslaan, aan spoorsny agter die gevaarlike grotes aan, aan waarneem en hy glo aan geregverdige en sinvolle jag.

Out of stock

SKU: FIKSIE.JAG.WAV.002/12/22 Category:

Description

Uitgewer: JP van der Walt en seun

Datum: Eerste druk 1988

Toestand: Hardeband met mooi netjiese stofomslag boek is nog mooi en stewig, naam en van van vorige eienaar voorin boek geskryf

Stofomslag en illustrasies: Deur Chris Ebersohn (Boek is geteken deur die illustreerder) en opgedra aan “Annatjie”