Description
Uitgegee deur Griffel Media
Eerste uitgawe 2010
So goed as nuut, slegs handtekening van Piet Rudolph voorin
R240
R240.00
Biografie oor die lewe van die omstrede AWB-leier Eugene Terre'Blanche met 'n pragtige foto van Eugene op sy mooie pikswart perd op die agterblad.
Rassis, profeet, egois, kampvegter, held – wie was Eugene, hierdie boer van Ventersdorp wat 'n bekroonde eenbedryf en gedite geskryf het? 'n Boer wie se moord wêreldnuus geword het? In Eugene Terre' Blanche: My storie vertel Eugene vir die eerste keer self sy verhaal. Hy praat oor sy grootwordjare, diens in die Polisie, sy huwelik en sy versterkte Christelike oortuigings. Hy vertel ook vir die eerste keer heelwat van sy lewe in die tronk – – van die benoudheid, maar ook van die goeie verhoudings met van sy medegevangenes – almal swart. Hy gee sy eie weergawe van onder meer stormagtige politiek voor 1994 waarby hy as hoofleier van die AWB betrokke was, soos die Slag van Ventersdorp, die inval in Mmabatho en die bestorming van die Wêreldhandelsentrum.
Die leser sal self kan oordeel waarvoor Terre'Blanche hom beywer het.
Out of stock
Uitgegee deur Griffel Media
Eerste uitgawe 2010
So goed as nuut, slegs handtekening van Piet Rudolph voorin
R240