Fees van die ongenooides /Du Plessis, PG

R190.00

Hierdie roman is sekerlik die uitnemendste toonbeeld van P.G. du Plessis se vertelkuns. Deur elkeen van hierdie onvergeetlike Van Wyks en hul bywoners, die Minters, dra hy ’n eie persoonlike tragedie in by die wyer ellende van die oorlog, en so word die oorloggegewe ’n vervlegting van uiters intense menslike dramas, onvergeetlike taferele van vergeefse liefde, verydelde drome en die verbryseling van menslikheid.

Sentraal is die verhaal van Daantjie en Magrieta van Wyk, hy ’n Blinkstefaans en sy die allerpragtigste vrou. Hulle twee oorleef die oorlog, maar dan as draers en verteenwoordigers van die uiterstes in die menslike aard wat deur die oorlog op die spits gedryf is.

Ook die Engelse offisier Philip Brooks oorleef die oorlog, en in sy bewussyn kry hierdie droewe geskiedenis ‘n nuwe relevansie. Du Plessis se roman is weliswaar een van die heel grootste werke oor die Boereoorlog, maar dit is ook ‘n werk wat in ‘n hedendaagse idioom vrae vra oor hoe ons onthou, wat ons onthou en wat die implikasies is van vergeet. En stellig die klinkklaarste antwoord op hierdie vrae is die feit dat sy boek ‘n onvergeetbare leeservaring is.

Out of stock

SKU: FIKSIE.ONT.005/11/12/24 Category:

Description

Tafelberg

Tweede uitgawe, Sesde druk 2010

Sagteband in puik toestand, so goed soos nuut

Skrywersfoto van PG : Koos Roets

Bandontwerp: Laura Foley