Foxtrot van die vleisveters / Eben Venter

R140.00

Johannes Steenekamp van die plaas Wildeperdhoek in die Oos-Kaap gaan word John-John in Johannesburg waar hy ‘n hele histerie veroorsaak deur argeloos ‘n meisie in haar kort mini te gryp … Hendrik Douw Steenekamp, die grootboer en patriarg, word deur sy fier perd Sieraad geleer (en deur die jong werker Laang ingevry) dat sy dae as heerser van Wildeperdehoek getel is…  Buziwe swem ‘n gedenkwaardige swem saam met jong Petrus Steenekamp in die warmwaterbron – sy wat op skool van die Comrades en die Struggle geleer het… Mirtel, Wildeperdhoek se bepoeierde boereprinsessie, word sal geaai deur Fritzie, die gevaarlik dom boertjie van langsaan…  Bianca Toerien, die gewild sangeres, raak tydens ‘n besoek aan Chili letterlik verstrengel met ‘n SAW-generaal, Konstantyn, wat daar is om ‘n nuwe martelmetode na Suid-Afrika in te voer…

Dis net’ n paar karakters en grepe uit hierdie ruie, onbedwingbare roman wat die beroulose pennewerk is van Petrus Steenekamp, die seun wat almal rondom hom beloer en sy waarnemings in sy kamer gaan opteken. En wanneer hy beskryf hoe die TV-beeld van PW Botha se kop heeltemal skeer trek met die afkondiging van diel aaste Noodtoestand, kan jy maar weet: die nate  van die ou orde trek los, en enigiets is moontlik.

Soos wilde perde galop stories en gerugte en voorvalle deur die lewens van die twee families op Wildeperdehoek – die Steenekamps en die Xhosa-werkersfamilie, 33 jaar lank al op Wildeperdehoek sonder dat die Steenekamps mooi weet wat hul van is.

1 in stock

SKU: FIKSIE.WAV.002/7/21 Category:

Description

Uitgewer: Tafelberg

Datum: Eerste uitgawe 1993

Toestand: Sagteband in puik toestand.

Omslagskildery: The bawdy wind deur Kate Gottgens