Description
UItgegee deur Human Rousseau
Eerste uitgawe 2007
Sagtebandboek in splinternuwe toestand
Bandontwerp deur Johan van Wyk
R130.00
Hierdie boeiende en ontroerende roman is gebaseer op die lewensverhaal van Saartje Baartman en verken ’n pynlike moment in ons koloniale geskiedenis. Dit vertel die verhaal van Khoena, ’n vrou van Khoi-afkoms, wat vroeg in die 19de eeu onder valse voorwendsels van die Kaap na Londen toe geneem word om daar as ’n “frats” ten toon gestel te word. Hierdie is ook die verhaal van ’n Engelse vrou, Dolly en haar vriend Simon, ’n Londense joernalis, wat hulle beywer vir die vrystelling van mense wat uitgebuit word in die sogenaamde “freak shows”. Dolly maak tydens hierdie proses vriende met Khoena en ontferm haar oor Khoena se welstand. Later, ten spyte van al Dolly se pogings, beland Khoena egter in Parys, waar sy uiteindelik die bisarre fokus is van anatomiste se wetenskaplike studies.
Out of stock
UItgegee deur Human Rousseau
Eerste uitgawe 2007
Sagtebandboek in splinternuwe toestand
Bandontwerp deur Johan van Wyk