White Fang : die wolfhond / Jack London (Libri-Boek)

R80.00

John Griffith London, as skrywer beter bekend as Jack London, is in 1876 in San Francisco gebore. Hy het onder moeilike omstandighede grootgeword en moes as kind werk soek om die karige familie-inkomste aan te vul. As seun is hy uit die huis uit en het in die jare wat volg ‘n baie avontuurlike lewe gelei – eers as matroos is hy na die goudvelde van Alaska en daarna reis hy as oorlogskorrespondent na Japan, Korea, Mantsjoerye en Meksiko. Beide Kanada en die VSA het hy op verskillende reise deurkruis. Hy het ‘n aangebore talent vir skryf gehad en baie artikels en later verhale vir tydskrifte geskrywe. Sy boeke het hom egter beroemd gemaak en die bekendste van die ongeveer 40 titels is The call of the wild (1903), The sea wolf (1904), White Fang (1905), The burning daylight (1910), John Barleycorn (1913), The scarlet plague (1915) en The little lady of the big house (1916). Met sy boeke het hy baie verdien, maar sy geld net so kwistig en onverstandig uitgegee.  In 1916 is hy op veertigjare leeftyd oorlede. Sy vrou het in 1921 ‘n biografie oor hom gepubliseer.

Out of stock

SKU: FIKSIE.CHA.122/6/20 Categories: ,

Description

Uitgegee deur J.L. van Schaik

Tweede druk 1962

Hardeband sonder stofomslag boek nog baie mooi, maar stempel van ‘n Sondagskool voorin met ‘n naam op

Nommer XXVII in die Libri-Reeks van klassieke jeuglektuur

In hierdie Afrikaanse uitgawe deur Leon Rousseau is die vier inleidende hoofstukke oor die tydperk voor White Fang se geboorte wat handel oor sy ouers, One eye en Kiche, weggelaat. Die boek begin in die skuilplek wat White Fang se ma gevind het om haar werpsel in die wereldd te bring. Verder is die boek onverkort.