Fritz Deelman en die diepsee-duikbol / Leon Rousseau

R95.00

Professor Niemeyer , ‘n argeoloog, maak ‘n wonderlike ontdekking op Madagaskar : ‘n kaart wat op edel metaal gegraveer is en die ligging aandui van die land Lemuria wat tienduisend jaar gelede met ongelooflike skatte in die Indiese oseaan weggesak het.

Luitenant Fritz Deelman na Madagaskar gestuur om uit te vind wat van Professor Niemeyer geword het. Verder sit hierdie vonds ‘n wedloop van verbysterende vaart aan die gang tussen die militêre speurder luitenant Fritz Deelman en die gewetenlose skurk Archimedes Levitopek wat vir Professor Niemeyer gevange geneem het. Die rampokker kry ook vir Fritz Deelman in sy mag en dwing hom om duisende meter onder die see in ‘n duikbol na die skatte te soek. Die gevare wat hy in die diepte teëkom, moet met die grootste vernuftigheid afgeweer word. Op die oppervlak, in die atoomskip, Marie Antionette waarin Fritz en sy vriende gevange gehou word, is dit uiteindelik die speurder se blitsvinnige optrede en vindingrykheid wat ‘n geleentheid vir vergelding skep.

Out of stock

SKU: JEUG.ARM.001/4/18 Category: Tag:

Description

Uitgewer: Nasionale Boekhandel

Datum: Eerste uitgawe 1958

Toestand: Hardeband met stofomslag – klein skeur op voorkant van omslag, x-bibboek  en naam en details van vorige eienaar met ‘n swart koki-pen doodgetrek – moenie my vra hoekom nie. Nie asof iemand jou naam in ‘n boek gaan herken nie…?