Huis tussen die rante / Evelyn Marais

R100.00

Om Huis tussen die rante te lees, is om ‘n stuk Suid-Afrikaanse erfenis in die hande te hou. Dit is ten dele die verhaal van twee mense wat klein begin, groot gewaag en groot gewin het: Johannes en Frances Ferreira. Maar dit is veral ‘n beeld van ‘n onvergelyklike kindertyd op Diepfontein, waar die kinders die asemrowende vryheid van die Karooveld geniet het en net deur die “governess” in hul kinderplesier aan bande gelê is. Tussen die ysterkliprantjies veertig myl van Steynsburg af, is die groot wêreldgebeure altyd eers ‘n week later dier die pos ervaar. Die vuurstreep van Halley se komeet kon die sewejarige Evelyn egter met haar eie oë sien!

Onvergeetlike karakters herleef: Nellie Knel, beroemd vir haar handtertjies, haar vrugtekoek en gedekte tees, die ruim tant Annie met haar drie kenne en haar lagbuie “soos ‘n onmondige aardbewewinkie wat hand-uit ruk, Mal Piet en Jakob wat, manewales en al, die buurt se poskar gery het, Kaatjie en Jacob wat “die liefde inbaklei het” …

Op 83 het die skrywer hier die greep uit haar kindertyd met onblusbare geesdrif vasgevang en met ‘n egtheid eie aan die wêreld wat sy hier uitbeeld. Kontreibesit word op dié manier volksbesit. Huis tussen die rante is ‘n boek vir almal wat omgee vir ou, mooi dinge…

1 in stock

SKU: FIKSIE.CHA.100/8/9/20 Categories: ,

Description

Tafelberg-Uitgewers

Eerste uitgawe, eerste druk 1986

Sagteband met mooi skets op voorblad, stempel van vorige boekwinkel op eerste oop bladsy

Bandontwerp: Peta Brookes