Description
Uitgegee deur Nasionale Boekhandel Beperk
1951
Hardeband met stofomslag nog baie mooi boek, sellotapemerke aan voor- en agterkant
R90
R90.00
In die byna waterlose woestynstreke in die verre en minder bekende dele van Suidwes-Afrika het Schoeman die stof vir hierdie merkwaardige verhaal gaan insamel. Hier het hy kennis gemaak met die geheimsinnige jagters van die woestynaland.
Die skrywer voer die leser mee op die ver paaie waarlangs hierdie swerwersvolkie gekom het en lê die misterie en romantiek van hul hele bestaan bloot.
Die leser volg Twihi, kind van die winde, na die ver jagvelde waar sy haar spoortjies vir die groot jagters van die woestynland gaan wys. In die flikkerlig van grasvure is hy toeskouer by die wilde, drifbelaaide dans van die gemsbok, hoor hy die roue weeklag in die lied van die wind oor die gras, luister hy na wonderverhale uit die gryse en glorieryke verlede van hierdie woestynkinders…
Out of stock