Description
Uitgewer: Uitgegee deur J.P. van der Walt en seuns
Datum: Vyfde druk, 1985
Toestand: Hardeband met stofomslag, in redelike toestand, maar toon gebruik, ou biblioteekboek met stempel
Reeks: Jasper-reeks , nr. 7.
R65.00
Saam met sy vier vriende – Mossie, die onverskrokkene, Ferdinand, die slimkop, en Giep, die versigtige – het Jasper al talle ondervindinge deurgemaak. In sommige van hierdie ondervindinge het hulle bloot toevallig beland, maar meeste daarvan het hulle gaan soek, soos enige gesonde, lewenslustige skoolseun maar maak – en dit is juis gewoonlik hierdie laaste soort ondervindinge wat op ‘n warm sitvlak uitloop.
In alles was Jasper nog altyd die onbestrede leier, maar nou lyk dit asof sy maats hom eenkat toe stoot en dit net omdat hy nie soos ‘n meisiekind op ‘n verhoog wil gaan ronddans nie. Gits, net asof daar nie veel belangriker dinge is wat ‘n seun kan doen nie! En boonop lyk dit nog asof hulle dink hy kan nie toneel speel nie!
Jasper is egter nie iemand wat gaan sit en homself bejammer as dinge ‘n bietjie donker lyk nie. Hy het lankal geleer dat dit die heel beste is om uit te spring en iets te doen om die saak reg te stel – en soos altyd spring die klein borselkop met soveel entoesiasme aan die werk, dat hy homself en die leser ‘n bietjie uit-asem laat.
Out of stock
Uitgewer: Uitgegee deur J.P. van der Walt en seuns
Datum: Vyfde druk, 1985
Toestand: Hardeband met stofomslag, in redelike toestand, maar toon gebruik, ou biblioteekboek met stempel
Reeks: Jasper-reeks , nr. 7.