Description
JP van der Walt en Seun
Eerste druk 1982
Hardeband met stofomslag, ou bibboek met sakkie en stempel
R75.00
James L. Whitlok, welgestelde sakeman uit die VSA kom onverwags aan op Cornwall, die bosveldplaas van Boelie Visser en sy gesin. Eintlik is dit sy kinders, Kowyn en Mariet, wat Jimbo – want so noem sy vriende hom – betrap waar hy onwettig op Cornwall kampeer.
Jimbo is ‘n innemende soort mens, en spoedig hou almal van dié jovialie Amerikaner met sy netjiese baard en onberispelike maniere. Maar iets is nie pluis nie, besef Kowyn en Mariet. Waarom is Jimbo gedurig aan die omkyk, waarom wil hy nie in die dorp gesien wees nie, waarom gee hy voor dat hy ‘n vrotsige skut is, terwyl Kowyn juis die teendeel vermoed?
Hoe meer die kinders se agterdog toeneem, hoe meer laai die spanning op – totdat twee vreemde mans eendag voor Cornwall se hek kom stilhou en sê hulle goeie vriend Barney Blaise bevind hom op Cornwall…
Dis ‘n spannende verhaal vir seuns en dogters.
Out of stock
JP van der Walt en Seun
Eerste druk 1982
Hardeband met stofomslag, ou bibboek met sakkie en stempel