Description
Oorspronklik gepubliseer in 1873 onder die titel Krotaja
1966
Afrikaanse verwerking deur Bartho Smit
Hardebandboek met mooi omslag boek soos nuut
R259.00
Fiodor M. Dostojewski is in 1821 as die seun van ‘n residentgeneesheer in ‘n hospitaal vir armes in Moskou gebore. In 1844 het hy sy eerste roman, Die Armes geskryf. In April 1849 is hy saam met 43 ander in hegtenis geneem omdat hy lid was van ‘n onwettige sosialistiese debatsvereniging. In Desember daardie jaar is ‘n ysaam 21 van die ander ter dood veroordeel en voor ‘n vuurpeleton gestel. Sekondes voor die doodsvonnigs voltrek wou word, is hulle deur die Tsaar begenadig. Dostojewski is hierop na ‘n gevangeniskamp in Siberië gestuur waar hy vier jaar lank saam met die grootste misdadigers van sy tyd moes leef. Daarna moes hy nog vier jaar as verpligte soldaat uitdien.
In 1866 verskyn sy eerste groot roman, Skuld en boete. Ten spyte van verskeie groot werke wat hierop volg en sy roem as skrywer, verkeer hy in voordurende finansiële moeilikhede, ly dikwels honger en moet vir lang rukke uit Rusland vlug om van sy skuldeisers weg te kom. Maar met sy dood in 1881 is sy kis deur veertig duisend van sy landgenoete na die graf gevolg.
1 in stock
Oorspronklik gepubliseer in 1873 onder die titel Krotaja
1966
Afrikaanse verwerking deur Bartho Smit
Hardebandboek met mooi omslag boek soos nuut