Kniel krygsman: Genl. CR de Wet – ‘n historiese roman /Van Wyk, At

R200.00

Genl De Wet staan kaalkop by die lykie in die veld. Dis die van ‘n seun – ‘n seun wat nog met dolosse moes gespeel het, maar wat met ‘n Mauser in die hande gesterf het. Op die lewelose gesig is daar verdwasing… soos ‘n kind se gesig kan trek as hy afgejak word.

Hy buk om die lykie op te tel… merk dat die seun se regterhand toegeklem is. Hy beur die vingers oop. In die seun se handpalm lê vyf bloedbevlekte albasters…

Hierdie bostaande toneel is uit  Kniel Krygsman, ‘n roman wat op genl. De Wet se oorlogservaringe gebaseer is en waarvoor die skrywer grondig navorsing gedoen het.

Out of stock

SKU: GESK.WIL.013/3/23 Category:

Description

Uitgegee deur Buren-Uitgewers

Eerste uitgawe 1968

Hardebandboek met netjiese stofomslag in splinternuwe toestand, bruin kleeflintmerke op binneblad voor agter en agter en naam van ‘n vorige eienaar klein op eerste binneblad geskryf

Stofomslag ontwerp deur Francois Lategan