Kronkelpad van ‘n volksregering 1920 – 1994 /Van Stade, Wikus

R290.00

In 1994 het die Regering van die Nasionale Party in Suid-Afrika tot sy einde gekom. Dit was veral deur die Afrikaner beleef as ‘n abdikering van mag wat teweeg gebring was deur die gekonkel van ‘n klein groepie linksgesinde politici.

ln ‘n feitelike weergawe van die pad wat die Nasionale Party vanaf 1920 tot 1994 geloop het, poog die skrywer om lig te werp op die kronkelpad wat die Suid Afrikaanse Regering verplig was om te loop tussen die ekonomiese en politieke hindernisse deur wat in die naam van anti-apartheid op sy weg gele was. Alhoewel die Regering die indruk geskep het dat sy tone steeds in lyn was met sy ideologiese pad, was hy sedert die laat 70’s reeds besig om in die geheim af te wyk na links om ‘n nuwe toekoms te ontmoet in 1994. Ten einde binnelandse steun te behou en steeds die sterkmanbeeld van ‘n tipiese Nasionaal-Sosialistiese regering te handhaaf, was hy egter genoop om die waarheid te weerhou van die publiek.

Die skrywer is sterk van mening dat feite oortuiging behoort te lei, en nie andersom nie. Wat hierdie skrywe uniek maak, is dat dit die feite van die betrokke tydperk sonder ‘n ondertoon van liberalisme of radikale regsheid uitle. Daar is geen ophemelings, vetwyte of mites in verweef nie. Net harde feite waarmee die Ieser kan maak wat hy wil.

Out of stock

SKU: GESK.GRS.008-010/5/6/22 Category:

Description

Groep 7 uitgegee

Eerste uitgawe 2018

Sagteband boek nuwe boeke aangekoop

Voorbladontwerp: Althea Botha