Krygers van die woesteny / Douglas Hill

R100.00

In Die Jagter het ons kennis gemaak met Finn Ferall, die jong man met die merkwaardige wildernisvaardighede.  Toe sy pa en suster deur die Slawehalers, vreemde wesens van ‘n ander planeet, ontvoer word, begin hy ‘n soektoeg om weer met hulle verenig te word, en slaag hy daarin om sy pa van hul greep te bevry.  In hierdie boek word sy avonture voortgesit.  Hy en sy vriend, ‘n Bloedgebroed met die naam Beir, bevind hulle in die hande van die fanatiese Mense van die Kloof, en daarna in die onherbergsame Woesteny.  Hier kry hulle boonop te doen met ‘n uiters gevaarlike teenstander in diens van die Slawehalers, met die naam Die Klou.  Gelukkig hoef hulle nie alle gevare alleen te trotseer nie, want daar is ander mense wat in die Woesteny hul tuiste gemaak het – trotse krygers wat nie skroom om die Slawehalers aan te val as hulle dit waag om die Woesteny te probeer oorsteek nie.   Krygers van die Woesteny is ‘n wetenskapfiksieverhaal vol spanning en aksie.  Lesers wat bekend is met die eerste boek in die reeks sal dié een ook verslind, en vir dié wat nog nie met Finn Ferral kennis gemaak het nie, wag daar ‘n aangename verrassing.

1 in stock

SKU: JEUG.LIN.208/13/7/23 Categories: ,

Description

Human & Rousseau

Eerste Afrikaanse uitgawe 1990

Sagteband boek, in goeie kondisie

Oorspronklike titel: Warriors of the Wasteland – 1983

In Afrikaans vertaal deur Jan Schaafsma

Bandillustrasie deur Ian Lusted

Uiters skaars vertaalde boek

Reeks