Description
Turksvy Publikasies
Eerste uitgawe eerste druk 2021
Sagteband boek splinternuut
R275.00
Die Covid-19-pandemie het die hele wêreld onkant gevang. Dit het die afgelope sowat agttien maande gelei tot lewensverlies en werksverlies, ’n inperking van ons bestaan en ’n algehele verandering in ons leefwyse. Te midde van een van die ergste rampe wat die mensdom getref het, moet ons probeer kophou, ook positief bly, al weet ons dié virus wag voor ons hekke en ons vensterruite. Ons moet agter maskers skuil en binne mure bly om onsself en ons gesin en ons bestaan te beskerm. Maskers en mure is ’n omvattende digbundel oor dié pandemie: Dis die skeppende skryfwerk, in versvorm, van 142 Afrikaans digters (80 gepubliseerde digters en 62 debuutdigters) om perspektief aan dié ramp te probeer gee – hetsy deur hul ervaring van persoonlike verlies, deur hul verwoording van eensaamheid, alleenheid en vrees … maar ook deur humor en ’n soeke na perspektief en begrip. Die digters dig in Standaardafrikaans, Griekwa-Afrikaans en Kaaps. Hulle kom nie net van reg oor Suid-Afrika nie, maar ook uit Engeland, Skotland, Kanada, Nederland, België, Pole en Taiwan.
1 in stock (can be backordered)
Turksvy Publikasies
Eerste uitgawe eerste druk 2021
Sagteband boek splinternuut