Description
Uitgewer: Human & Rousseau
Datum: Eerste uitgawe 1995
Toestand: Hardeband met gekleurde glansvoorblad, blaaie effens vergeel aan die buiterante maar boek in puik en skoon toestand
Bandontwerp en tekeninge: Pierre Victor
R120.00
“Moenie blindwerg inboender in Mosambiek nie, ” sê Pieter. “Jy kan jouself ‘n oneindige klomp frustrasie spaar as jy vooraf weet dat die verkeersbeamptes jou nagmerries sal gee, dat die ‘gwardas’ jou tot op ‘n punt van aanranding toe sal probeer oortuig om hulle as jou persoonlike wagte aan te stel en dat dit ‘n land is van ‘amaya’ – kom more weer – as jy navraag doen oor die mees basiese lewensmiddele.”
Mosambiek hier kom ons! is egter nie net ‘n reisgids vir voornemende besoekers nie, dié joernaal is ook weer vol kostelike stories. Die donke wat hom ie laat intimideer nie, Slapnekke en ander boewe, die luislang met die leiband om die nek en die dag toe die Ingilsman en Spook in ‘n stormsee oorboord gespring het, is maar ‘n paar van die die konfrontasies en avonture wat Mosambiek hier kom ons! ‘n heerlike leeservaring maak.
Out of stock
Uitgewer: Human & Rousseau
Datum: Eerste uitgawe 1995
Toestand: Hardeband met gekleurde glansvoorblad, blaaie effens vergeel aan die buiterante maar boek in puik en skoon toestand
Bandontwerp en tekeninge: Pierre Victor