‘n Plan is ‘n duineboerdery / Louw van Schalkwyk

R150.00

“Boeiend, vermaaklik en ontroerend is hierdie vertellings van oom Louw van Schalkwyk. Deel van die groot plesier wat die lees daarvan verskaf, is die pragtige taalwendings, wat Ann Hiemstra met haar oorvertel daarvan wyslik nie laat verlore gaan het nie. Dis ‘n beeld van ‘n vergange tyd, vroeg in twintigste eeu, en ‘n vergange leefwyse: dié van bywoners van duineboere in die Weskaapste Duineveld. ‘n Taai oorleweringstryd was dit, bokerftrek, sê oom Louw, maar nie sonder sy plesiere nie. Die lewendige tekeninge deur Louis Hiemstra wat die teks versier, is nommerpas by die toonaard van die vertellings. “ – Marie Heese –

1 in stock

SKU: FIKSIE.CDON.--9/12/20 Category:

Description

Oorvertel deur Ann Hiemstra

Hemel en See Boeke

Eerste uitgawe eerste druk 2013

Sagteband, boek toon gebruik maar meer op die buitekant van die boek, puntjies omgebuig

Omslag- en ander illustrasies: Louis Hiemstra