Nooientjie van Nooitgedacht / Empie Maritz

R130.00

Nooientjie van Nooitgedacht speel af tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Dit is die verhaal van die Potgieters van die plaas Nooitgedacht in die omgewing van Krugersdorp.

Maria Potgieter is dertien jaar oud toe daar oorlog verklaar word en haar vader, kommandant Frederik Potgieter, sy kommando na die slagveld lei.  ‘n Jaar vantevore is Maria se moeder oorlede en sy bly alleen op die plaas agter met haar drie broertjies – die baba, Gerrie, die driejarige Fanie en die tienjarige Werner, wie se hart na die kommandolewe hunker.

Met behulp van die twee getroue Zoeloeskepsels, Jantjie en Mieta, gaan die lewe op Nooitgedacht in die eerste jaar na die oorlog amper normaalweg voort. Die weduwee, Ragie Grobler, en haar dogter, Aletta van die buurplaas help hulle waar hulle kan.

Maar dan neem die oorlog ‘n ernstige wending. Die Engelse begin die plase plunder en verniel en die Boere sit sonder kos en perde. Vroue en kinders word in konsentrasiekampe gestop. Ook Maria en haar boeties word weggevoer kamp toe en klein  Gerrie word slagoffer van die haglike toestande in die kampe.

Maar dan is die oorlog verby. Kommandant Potgieter en sy kinders word weer verenig en saam pak hulle die toekoms op die verwoeste Nooitgedacht aan.

Die ontluiking van Maria van jong kind tot jong vrou word aangrypende uitgebeeld deur ‘n skryfster wat die hart van ‘n jong meisie ken. Daar is Maria se verwarring oor haar gevoelens vir die aantreklike jong Herklaas Botha en die opregte, Chris Malan. Die smeltkroes van die oorlog bring helderheid in haar gemoed en die ter liefde van twee jong mense is simbolies van die belofte wat die toekoms tog nog vir die verslane Boerevolk ingehou het…

2 in stock

SKU: FIKSIE.FOR.016/2/8/22; FIKSIE.DON.(B).008/20/7/23 Category:

Description

Perskor-Uitgewery

Eerste uitgawe eerste druk 1973

Hardeband met gekleurde voorblad, boek nog in mooi en skoon toestand

Omslagontwerp: Dirk Joubert