Olé: Reisboek oor Spanje / André P. Brink

R85.00

Jaarliks word daar in Barcelona ‘n wedstryd gehou waar volksdigters hulle poësie aan die skare kom voordra, en uiteindelik word daar drie pryse toegeken. Die man wat die derde beste gedig voorgedra het, ontvang ‘n roos van silwer. Die digter van die tweede beste vers ontvang ‘n roos van goud. En die digter at die eerste pryse verower, kry ‘n pas ontluikte, egte roos.

Enige land waar die lewe op so ‘n instelling berus, besig die soort skat waarvoor mens al jou besittings kan verkoop. Geen wonder dat André P. Brink hom sterk aangetrokke voel tot Spanje en dat hy in 1964 besluit het  om die land opnuut te gaan besoek nie. Die resultaat is Olé, ‘n voortreflike boeke oor Spanje, met as draad wat deur die hele werk loop, die wedervaringe van die grootste Spanjaard, Don Quijote de la Mancha.

Omdat Don Quijote so ‘n wesentlike element van die boek uitmaak, was dit ‘n eer en ‘n vreugde om verlof te kon kry om Picasso se beroemde gouache van die Don en Sancho Panza op die stofomslag te gebruik!

1 in stock

SKU: FIKSIE.WEN.003/5/18; FIKSIE.ALG.809/16; FIKSIE.ALG.035/14 Category:

Description

Uitgewer: Human & Rousseau

Datum:  1966

Toestand:  Eerste kopie – Hardeband met stofomslag met verweer op kante van omslag, plakker van skoolboekprys voorin geplak, Tweede kopie – Hardeband met stofomslag, ook verweer op veral onderste deel van rug van omslag, bruin skimmelvlekkies en sellotapemerke op titelblad , boek effense skimmelvlekke op kant van boek
Derde kopie – Hardeband met stofomslag, in mooi toestand – met bibplakker op binneblad, inhoud nog baie mooi