Ons Koba / Adriaan Snyman

R100.00

In die halfdonker kon Pietman skaars die buitelyne van die mense buite op die werf sien. En toe is dit sy taak om die Mauser op die gouddiewe te hou waar hulle in die murasie skuil. Sy pa sou van agter af om die huis beweeg en hulle so bekruip. Maar toe die geweerskote begin klap, was Pietman naderderhand nie meer seker of dit hy self was wat geskiet het en wanneer nie.

Het Jakoba dalk beter gesien? Sy het heeltyd agter hom in die kombuis gestaan, ongeduldige asof sy liewers die skietwerk wou doen.

Was die skaduwee wat onder die kastaiingboom beweeg het sy pa? Pietman moes weet, want in die lig van ‘n weerligstraal kon hy sien hoe die figuur swaar neerstort…

Ons Koba is die verhaal van ‘n broer en ‘n suster, en van hoe die dinge uit die verlede in ‘n ommesientjie hul lewens kom omkrap en in ‘n ander rigting stuur…

 

Out of stock

SKU: JEUG.NEL.044/5/23 Categories: ,

Description

Uitgegee deur Human & Rousseau

Derde druk 1997

Pragtige sagtebandboek met swart en wit illustrasies en bandillustrasie deur Fanie Bekker

met mooi gekleurde voorblad, stempel voorin boek en en blaaie is vergeel, maar boek is nog in mooi en stewige toestand, geringe skimmelvlekkies op eerste en laaste bladsye