Oop toe / De Waal Venter
R80.00
Wind is nie seker of hy al ‘n man is nie. Hy het nog nie kans gekry nie. Hy dink hy kan – maar waar kry hy ‘n jongvrou?
Met hierdie gegewe van die openingsverhaal “Wind kry ‘n spies” word die leser ingelei tot ‘n boeiende nuwe leeservaring, sestien ongewone kortverhale wat afsonderlik en gesamentlik temas ontgin rondom die verwesenliking van die self en sy inisiasie tot die lewe, oor die individuasieproses in dramatiese reliëf.
Oop toe, soos die titel onder meer wil suggereer, bevat verhale waarin die karakters almal onderweg is na die ontsluiting van die menslike potensiaal, hetsy psigies, intellektueel of seksueel. Die kind en jongeling maak kennis met die erotiese, minnaars dans hul rituele dans, die intellek speel sy spel met die individue – en deurgaans weef die skrywer sy web van werklikheid teenoor droom in die verbeelding van die ideaal : die integrering van teenoorgesteldes.
3 in stock
Description
Uitgewer: HAUM-literêr
Datum: Eerste uitgawe, eerste druk 1990
Toestand: Sagteband in mooi en skoon toestand, die punt van die eerste titelblad is in ‘n driehoek afgesny, mooi memoir van vorige eienaar met handtekening voorin boek.
Bandillustrasie: Deur die outeur