Paradys /Van Nierop, Leon

R70.00

‘n Meesleurende sage.

Die onlangse dood van haar ouers spook nog by Larissa Lategan.  En al trap sy diep spore in die filmbedryf as draaiboekskrywer, bring dit nie ware vervulling nie.  Miskien moet sy die plaas, Paradys, eerder verkoop.  Maar daar is Herman om aan te dink…  Hy met sy bos blonde hare en sy vierkantige skouers en sy sterk lyf en sy blou-blou oë.  Herman wat besluit het om op die plaas agter te bly toe sy stad toe getrek het.

Wanneer ‘n vreemde man egter een aand tydens ‘n storm op haar drempel beland, neem Larissa se lewe ‘n onverwagse wending.  Want met sy eksotiese voorkoms en gespierde lyf maak dié Justin emosies in haar wakker wat sy sukkel om te onderdruk.

3 in stock

SKU: FIKSIE.EVE.015/3/21; FIKSIE.DON.(B).003/1/7/15 Category: Tags: , ,

Description

Tafelberg Uitgewers

Eerste uitgawe 2005

Sagteband boek in puik toestand.  Effense verweer op hoeke.