Die brand by Wilgemeer / Coetzee, John

R80.00

Wim lewe om by Wilgemeer te kan wees – Wilgemeer met die groen water en die voëls wat elke dag  kom en gaan. Hy en Pieter kamp dan uit onder die treurwilgers en gooi lyne in vir kurpers. Nog wonderliker is dit as hy sy pa by hom is. Douvoordag vaar hulle in die roeibootjie oor na die eiland en daar in die rietwêreld hou hulle die voëls deur verkykers dop. Sy pa was al dikwels by die stadsraad om dié voëlparadys tot ‘n reservaat verklaar te kry.

Maar nou, kort op mekaar, gebeure dinge wat alles verander, ‘n stoomketel by die kragsentrale ontplof. Sy pa was aan diens. Hoekom het sy pa nie geluister toe oom Nel hom van die hoë druklesing vertel het nie? Sy pa is tog nie ‘n onveranwoordelike mens nie? Of is dit waar wat Vonkies, ‘n turbinedrywer, vertel het? Dat sy pa beskonke was? Wim glo dit nie. ‘n Dronk, onverantwoordelike pa is ‘n ander soort as die een wat hy langs die meer ken. Gaan hy nou sy werk verloor? As dit gebeur, sal hulle moet wegtrek en van Wilgemeer vergeet.

Dan, voordat hy antwoorde kan vind, breek ‘n verwoede brand uit in die riete by Wilgemeer. Nou is dit die tyd van heldedade, nou wys elkeen sy ware kleur en in die krisis kry Wim sy antwoorde. Die brand by Wilgemeer is ‘n jeugverhaal vir natuurliefhebbers. Dit vertel ook  van die verhoudinge tussen mense, hoe jy iets vir jou vyand kan beteken. EN dit is ‘n avontuurverhaal met net daardie iets wat dit anders maak…

Out of stock

SKU: JEUG.CDON.032/12/21 Category:

Description

Uitgewer: Tafelberg

Datum: Eerste druk, 1977

Toestand: Hardeband met mooi gekleurde s.o., , boek nog baie mooi

Stofomslag: Helmut Starcke