Tippex dit uit / Anne-Marie Conradie

R60.00

“Een van die verrotlike invloede wat die pastorie-image se lagie vernis erg krap. Jana. Jana is die wilde loot wat te vroeg begin bot het. Volgens ma is dit net nodig om Spreuke te lees om insig te hê oor die donker paaie waarop Jana my lei…”

Maar dit is Jana na wie Rensche gaan wanneer sy voor die grootste probleem in haar jong lewe te staan kom. sy sal moet help – en Elle – die derde lid van die Party of Three. Dit was tog immers hul al drie wat gejok het oor die naweek in Pretoria.

‘n Byderwetse tienerverhaal, maar met ‘n ernstige ondertoon van hoe een verkeerde stap en ‘n paar onverskillige besluite lewens kan verwoes.

 

1 in stock

SKU: JEUG.DON/836/2011 Category:

Description

Uitgewer: Human & Rousseau

6de druk, 2007;

Sagteband nog mooi, Naam voorin geskryf