Raam en rigting in die politiek: en die storie van Apartheid /Basson, Japie

R180.00

Japie Basson is een van die kleurrykste politici van die apartheidsjare. Vroeg in sy parlementêre loopbaan het hy hom oor sy verligte standpunte die gramskap van dr. H.F Verwoerd en ander op die hals gehaal. Konsekwent het hy by sy beginsels tehou en dus wa hy in sy halfeeu in die politiek dikwels in omstredenheid gedompel. Hy was ‘n voorloper, n man wat beskryf is dat hy sy tyd vooruit was.

In hierdie eerste deel van sy politieke memoires gee hy eerstehandse inligting deur oor figure soos genl JBM Hertzog, genl JC Smuts en dr DF Malan en veral oor die invloedsfeer van eerste ministers soos HF Verwoerd en BJ Vorster.

Basson se vertellinge rondom die genesis van apartheid dr veel by om die volheid van die historiese werklikheid te ontsluit vir almal wat meer wil weet oor hierdie lotsbepalende tyd in ons geskiedenis.

 

Out of stock

SKU: GESK.740/2011/POL Category:

Description

Uitgegee deur Politika uitgewers

Tweede druk 2009

Stofomslagontwerp deur Abdul Amien

Sagteband met deftige oorslaanflap voor en agter