Riemlandstories / Flip Wepener

R70.00

Kostelike, ouwêreldse vertellings.

Die dorpe Reits en Petrus Steyn vorm eintlik die kern van die Riemlandstreek. Die naam het min of meer as volg ontstaan: Omdat die streek baie hoog geleë is, (die stasie op Petrus Steyn is 1500 meter bo seespieël – nie baie laer as Van Reenenspas nie) is die winters baie koud. Die koue winters saam met die oorwegend suur en rooi grond, laat veral suurgras groei. Suurgras loop gou weer uit na die winter, veral as dit gebrand is.

Van die eerste boere het dan gedurende die jare Augustus 1830 – 1840 die veld aan die brand gesteek om onbeheersd af te brand, met die gevolg dat baie van die natuurlike flora van die streek in die proses vernietig is. Toe die gras weer uitgeloop het, het duisende en duisende blesbokkie, swartwildebeeste en springbokke hierheen getrek. Groot groepe jagters het dan toegeslaan en die wild afgemaai. Die karkasse is verwerk tot biltong, vleis en wors en die velle is gebrei vir rieme, waaruit baie artikels gemaak is. Vernoem na hierdie riembedryf, het die naam Die Riemland ontstaan. Nadat begin is om die streek te ontgin, veral na 1948, het hier een van ons land se beste landbougebiede ontwikkel…

Out of stock

SKU: KON.DON.028/6/18 Category:

Description

Uitgewer: Heilbron Herald

Datum: Vierde druk Maar 2006

Toestand: Sagteband met mooi gekleurde skets – boek is splinternuut

Illustrasies: Irma Brink