Rip van Winkel / vertel deur Alba Bouwer na die verhaal van Washington Irving
R120.00
Die vorstelike Kaatskill-berge, wes van die Hudson-rivier in die Amerikaanse provinsie New York, is deel van ‘n landskap van besondere skoonheid. “Elke verandering van seisoen, elke verandering in die weer, ja elke uur van die dag bring ‘n verandering in die toweragtige kleure en fatsoene van hierdie berge.” Maar dit is ook ‘n landskap vol legendes en die Rooihuide het selfs geglo dat dit die tuiste van geeste is.
Geen wonrder nie dat Rip van Winkel juis daar gewoon het in ‘n ouderwetse ou dorpie met huise van klein geel steentjies, kleinruit-venstertjies, gewels en weerhane, gebou deur die eerste Hollandse setlaars.
Rip was ‘n eenvoudige, goedige man, altyd gereed om almal te help en enige soort werk, behalwe sy eie, te doen. Sy getroue kameraad was sy hond, Wolf, en hulle albei het vierkantig onder die pantoffelregering van Vrou van Winkel gestaan. Haar tong was ‘n “immer besige, nimmer afwesige verskrikking” en het Rip en WOlf gedwing om vrede en afleiding buite die huis te vind.
Op een van hul wandelinge ontmoet RIP ‘n sonderlinge karakter, geklee in outydse Hollandse klere, met ‘n vaatjie op die rug. Hy vra Rip se hulp en saam-saam klouter hulle dieper in ‘n nou kloof op. Uiteindelik kom hulle op ‘n groep vreemde wesens af wat besig is om kegel te speel. Rip bedien drank uit die vaatjie,hou ook self van die smaak daarvan, proe ‘n paar keer goed en raak aan die slaap.
Toe hy wakker word, het hy n lang baard, sy geweer is geroes en die kolf vermuf. By sy terugkeer in sy tuisdorp ken die mense hom nie meer nie, sy ou vriende en selfs sy vrou is web, want dis twintig jaar later…
1 in stock