Rotsstorting / Helen Brain

R65.00

Tim se pa is vasbeslote: Die kinders moet wegkom van alles – die TV, selfone en rekenaars. ‘n Egte gesinsvakansie in ‘n verafgeleë huisie in Wildernis is net wat almal nodig het. Dalk sal Tim en sy  suster dan ook leer om beter met mekaar oor die weg te kom. Dinge loop egter gou verkeerd. Dit reën sonder ophou. Die rivier oorstroom sy walle en die brug word weggespoel. Wanneer Ma val en haar been breek, moet Pa gaan hulp soek. Maar die reën het die rotswand laat loskom en die huis begin stadig teen die helling afgly. Gaan hulle hierdie rotsstorting met Tim in beheer oorleef?

Out of stock

SKU: JEUG.DON.004/5/18; JEUG.GOS.1162/2011 Category:

Description

Uitgewer: Lux Verbi

Datum: Eerste uitgawe, eerste druk 2007

Toestand: Sagteband soos nuut

Vertaal uit Engels deur Janie Oosthuysen